Veelgestelde vrae

Kategorieë:

Lidmaatskap

Wat kos die lidmaatskap?

Dit hang af van jou soort lidmaatskap. Lees die lidmaatskapbladsy vir besonderhede.

Kan enige iemand lid word?

Ja, solank jy jou ID kan bewys en jy jou lidmaatskapgeld betaal.

Hoeveel items kan ek op 'n slag uitleen?

Dit hang af van jou soort lidmaatskap. Lees die lidmaatskapbladsy vir besonderhede.

Wat het julle alles in die biblioteek?

Ons het meer as 27 000 media-items, insluitend boeke, tydskrifte, CD's, video's, DVD's en legkaarte. Dis meestal Nederlandstalig, maar die biblioteek het 'n goeie versameling Afrikaanse letterkundeboeke, asook 'n paar Engelse films.

Komitee

Wie het die komitee verkies?

Die ongeveer 35 lede van die biblioteek wat in die middel van 2006 vergader het op Piet Westra se inisiatief. Die komitee is in beginsel vir 'n jaar verkies. Elke jaar hou ons 'n ope vergadering hou om 'n nuwe komitee te verkies.

Hoe kan ek die komitee kontak?

Bel die biblioteek of stuur 'n e-pos. Die nommer en addres is op ons kontakbladsy.

Vrywilligers

Kan ek help?

Waarskynlik! Lees ons vrywilligersbladsy vir besonderhede.

Webblad

Is die biblioteek se katalogus beskikbaar op die Internet?

Ongelukkig nie. Om dit te doen moet ons ekstra komponente vir ons rekenaarstelsel koop en ons kan dit nie bekostig op hierdie stadium nie.

Hoekom is die e-posadres so snaaks geskryf?

Om spam te voorkom.