Skenkings

Ons verwelkom alle skenkings van media-items. Weens beperkte ruimte kan ons egter nie alles hou en uitleen nie, en ons verkoop dus sommige items tydens ons boekverkopings om sodoende geld in te samel.

As jy items wil skenk bring hulle gerus na die biblioteek tydens ons openingstye.